Die Fynbos Skou storie

Die donkervaal bossies rondom Hopefield verander na ‘n goeie winterreen in ‘n veelkleurige see van veldblomme – elke jaar.

Die vlaktes rondom die dorp is oortrek met ‘n ongekende verskeindenheid van plante. Daar is meer as 500 tipes fynbos- en veldblom-spesies in die omgewing.

Daar is elke jaar ‘n fynbosskou op Hopefield, die eerste skou is in 1989 gehou en is tans ‘n jaarslike instelling wat in die laaste week van Augustus en die eerste week van September aangebied word.

Die vloer van ‘n saal word met vragte sand opgevul en ‘n stukkie Sandveld word binneshuis herskep. Die geleentheid trek jaarliks al hoe meer toeriste. Die voel-lewe op die vleie in die Benede-bergriviergebied is ook ‘n belangrike besienswaardigheid in die streek.

Gethyllis Afra

Gethyllis Afra