Hopefield Fynbos Geskiedenis

Elke jaar, net so voor die jaar na sy einde hardloop, kom die klomp Hopefielders bymekaar vir ‘n makietie van astronomiese, of sal ons eerder sê, blomme-nomiese, proporsies!

Jip, dis tyd vir die jaarlikse Hopefield Fynbosskou.

Hierdie is egter nie soos enige ander plattelandse skou nie. Dit fokus op die asemrowende blomme-paradys wat deel uitmaak van net ‘n paar soortgelyke blomme-koninkryke in die wêreld.

Dis fynbos…daar is niks soos dit nie. Die vars, soet aardse reuk daarvan ontmoet jou sodra jy dit uit jou voertuig of huis waag en oral sien jy vrolike pienk, geel, pers, oranje en rooi kleure.

Fynbos is egter nie net die koninklike proteas nie, dis ook die pragtige wilde Watsonia, tot die fraai speldekussings en nederige veldblommetjies wat ons daisies noem – hulle maak almal deel uit van die fynbos planteryk.

Vir die afgelope 30 jaar al werk Hopefield se inwoners vanaf einde Augustus tot die eerste dae in September om hierdie ongelooflike blomme en plante prag ten toon te stel deur hierdie unieke fynbos skou. Hulle bou tydelike uitstallings met plante en bome binne die Fiona Kotze-saal om al die unieke omgewings te verteenwoordig, naamlik Renosterveld, Rietveld, Sandveld en Vleiland.

Besoekers vlok van heinde en verre om blomme te kom kyk en te leer oor die fynbos en heuning boerdery wat die dorpie se attraksie is.

Ongeveer 20 000 mense besoek Hopefield oor die Fynbosskou naweek elke jaar.

Die nederige ontstaan van die skou is te danke aan Fiona Kotze wat in 1989 die eerste Fynbosskou georganiseer het. Sy het sommer haar bure gevra om haar te help om die blomme by die skougronde uit te stal. Almal het egter ingeval en gehelp en so is die tradisie begin en voortgedra.

Vandag is die fokus op omgewingsbewaring en tentoonstelling van die verskillende plantspesies. Hierdie is ‘n lekker 4-dag geleentheid met aktiwiteite soos Mej Fynbos, ‘n bergfiets uitrit, kos en tuisgemaakte produkte stalletjies en ‘n vertoning deur die plaaslike veteraan motors asook die Silwer Valke van die Lugmag. Dit strek elke jaar oor 4 dae, vanaf die laaste Donderdag van Augustus tot die Sondag.

Die skou is ‘n groot bron van inkomste vir Hopefield en word uitstekend deur die plaaslike besighede ondersteun.

Ons nooi jou om te kom kuier, leer en geniet alles wat Hopefield kan bied.

 

Hopefield Fynbos Show History

Every year at the end of August to the beginning of September Hopefield is a-buzz with activity. It’s time for the annual Hopefield Fynbos Flower show. This year we celebrate 30 glorious years!

Where it all began…

The first Hopefield Fynbos Show was organized by Fiona Kotzé way back in 1989. At that time, it was the very first Fynbos flower show organised in South Africa.

The Fynbos displays are laid out in the Fiona Kotze hall at the Hopefield Sports club.

Plant species representing Renosterveld, Wetland, Sandveld and Rietveld are sourced from the veld and displayed showing the diverse and beautiful flora decorating the West Coast throughout the year.

Another valuable product of Hopefield is their world-renowned fynbos honey.

This fragrant and flavourful liquid gold is not only a sought-after sweet treat but also provides job opportunities to many of the locals.

We work hand in hand with Cape Nature to ensure compliance with nature guidelines.

So what is the show all about…?

You will find over 500 species of Fynbos in four botanical zones around Hopefield all year round.

The Fynbos Show exhibit displays the diverse flora of the Sandveld and Swartland regions and is equal to Chelsea flower show standards.

The show focuses on the importance of the conservation of the Fynbos biodiversity zones directly adjacent to Hopefield while giving visitors the opportunity to see some of the hundreds of fynbos species in the flower displays and herbarium.

Some fast facts:

The Renosterveld region’s vegetation is dominated by a species of grey-coloured plant called Renosterbos, most likely the reason behind its name.

The Sandveld area’s vegetation consists of species of succulents and fynbos that thrive in sandy and dry climates.

The Rietveld region is home to reed-like vegetation.

The Wetlands are base to unique aquatic species that thrive in waterlogged soil and very distinct ecosystems.